Jesus Christus, die Vader van ontferming en die God van alle vertroosting, wat ons troos in al ons verdrukking, sodat ons die wat in allerhande verdrukking is, kan troos deur die vertroosting waarmee ons self deur God vertroos word.
Een nag het ek ‘n droom gehad, nie n gewone droom, maar iets wat my bygebly het. ‘n Seuntjie met die mooiste blonde krul hare en blou oe het op ‘n trap gestaan. Dit het gelyk asof dit in die hemel is. Die liefde wat ek vir hom gevoel het was onbeskryfbaar, amper tasbaar! Vir dae het hierdie intense gevoel van liefde my nie verlaat nie. Dit het n honger na my eie kind wakker gemaak en my laat vra: “Here, as U dink ons is goed genoeg en reg om ‘n kind groot te maak, laat my asb swanger raak.”
Nie lank daarna was ek swanger met Luan. Hy is gebore, ons was oorstelp met vreugde, en alles het goed gegaan. Al sy mylpale het hy maklik bereik en ons harte was gevul met die liefde waarvan ek gedroom het. Tot op amper twee... Ons het begin agterkom sy woordjies raak minder in plaas van meer, tot later niks. Nie eers meer Mamma of Pappa nie. Wat is fout met my kind?? Ons soektog na hulp het begin.
Van een dokter na die ander, in by een sielkundige en uit by die ander. Eindelik kry ons n diagnose: “Sensoriese Intergrasie” Wat IS dit? Sy sintuie is oorgestimuleer en in sy geval is AL sy sintuie oorgestimuleerd. Byvoorbeeld: as die lig te helder of skerp skyn, maak dit sy ogies letterlik seer. Hy sal die voorwerp wat die lig reflekteer probeer breek as gevolg van die pyn wat hy ervaar. Daar is drie tipes sensoriese intergrasie. Hulle noem dit die”flighters”, die “frighters” en die “fighters”. Luan is ‘n “fighter”. Ek het eers besef hoe erg dit regtig is toe ons die ganse by Sonstraaldam wou gaan brood voer. Die ganse wat amper net so hoog soos hy was, het aangestorm gekom. Voor ek hom kon gryp en optel, het hy sy handjies in gebalde vuiste in die lug, storm op die ganse af, al skreeuend, reg vir oorlog!!
Intussen het ek weer swanger geraak en Linka is gebore. Ons Huishulp wat na Luan gekyk het, het bedank. Die dokters se enigste hoop is medikasie en baie terapie. Spraakterapie, aarbeidsterapie, spelterapie, sielkundiges en en en. Ek wil nie my kind op medikasie sit nie!! Hulle se hy sal nooit in ‘n normale skool kan wees nie. Wie gaan na hom kyk as ek werk? Wie gaan hom rondry na al sy terapeute? Ek moes bedank en self na hom kyk. Dit voel of die aarde gaan stil staan terwyl die mediese rekenige opstapel en ons net een inkomste het. Uit moedeloosheid skryf ek hom in by ‘n skooltjie naby ons huis. Hy is “geskors” binne drie dae!
Na trane wat voel of dit ‘n opgaardam kon vul, het ons besluit om hom wel op medikasie te sit. Binne twee weke het hy begin praat. Die terapie het begin vrugte dra wat lyk of dit daagliks groei, maar ons gaan ons huis moet verkoop om al die finansiele laste te kan dra.