Share Your Story with E-WOMAN

We would love to hear from you.  Share your E-WOMAN experience or your inspirational testimonial with us. We love stories! Stories inspire and brings hope. Give your story a voice. 

Share with us now

'n Moet lees brief van 'n pragtige vrou wat 'n E-Woman event bygewoon het.

Dankie Vader dat U so getrou is. All Glory to God.

Hello,

Ongelukkig is ek nou nie 'n skrywer of digter nie, nog minder goed om my gevoelens op papier te skryf, maar ek wil graag my e-woman bederf met julle deel …
Ek is n boervrou al die pad vanuit Malmesbury … Met my eerste E-Woman was ek nie op n goeie plek nie. Ons is deur 'n rowwe parsseisoen, daarna my werk verloor en ek is toe nog boonop 10 weke swanger. En my swangerskap was nou glad nie 'n plesier … met wat vir my voel soos al die verkeerde swangerskap simptome.
Ja - Kopsere dat jy jou lyf moet draai as jy oor jou skouer wil kyk, my neus sal sommer net begin bloei, voete wat swel dat dit oor my plakkies hang, rugpyne so erg dat jy voor yskas staan en huil want jy wil so graag daai ice tea he maar dis heel onder en jy kan nie buk nie. Dit alles te danke aan die simpel hormone.
Goed was die oproep van 'n vriendin wat se ons moet gaan tee drink en tee was toe 'n e-woman byeenkoms. Die ergste was om daar te staan en soos die lelike eendjie te voel want op daardie stadium was dit net belangrik om op te staan in die oggend.

Maar toe dit by die die boodskap kom … Toe kom praat God so mooi met my … Jy soek die antwoorde hier om jou maar eintlik moet jy na Bo kyk. Die tyd het gekom en so kry byna elke vrou 'n prys om hulle spesiaal te laat voel - 'n lekker bederf, Geïnspireer deur die boodskap helder al die gesigte op – myne ingesluit… Maar my naam word nie getrek nie …
En wraggies… My prys is toe egter Chrissy van Artifex wat na voor stap en vra of daar enige vroue is wat swanger is, sy borg 'n prys. 'n Pregnancy shoot … WOW kan dit wees???

Nou, 'n hele paar maande later - magie is lekker rond en die afspraak is gemaak - 7:00 op Sat. oggend by Chrissy se huis en glo my dis nie maklik om in n persoon se huis in te loop daai tyd van die oggend nie. Nog minder met 'n man al die pad van Malmesbury af wat nou 'n uur en half moet sit en make-up kyk nie.
Vinnig wen Chrissy die geveg en se Niel kan maar gaan rondloop, so sy plan om vriende in die "kaap" so vroeg uit die bed te haal was toe ideaal.
Hier sit ek alleen saam Chrissy … Wat gesels mens nou vir 'n uur en 'n half met iemand wat jy byna glad nie ken nie … Julle het nog slegs oor emails en whatsapp reeling getref … Hoe gaan sy foto's van my neem, gaan sy my reg make-up? Sy ken my nie, ek het nie soos met 'n troue 'n trial makeup sessie laat doen nie.
O well dink ek … En se toe hardop – Chrissy, Jy moet die goeie goed mooi en beter maak en die slegtes maar wegsteek jong …
Chrissy glimlag en Spring weg … 'n hele uur en 'n half is sommer gou-gou verby....
'n Uur en 'n half waarin ons oor alles gesels het … 
En so tussen deur die gesels besef ek weereens soos by die E-women, dat ek nie alleen is nie, daar is nog vroue daar buite wat dieselfde hartseer nou en dan ervaar. Ek glo dat elke vrou bewus gemaak moet word van E-woman en ten minste een E-women moet bywoon. Een keer die boodskap moet ontvang en SOOS EK 'n divine appointment saam ons Hemelse Vader bywoon … Met my spesiale bederf kon ek net weer vrou wees ervaar en ek kon weer soos 'n vrou voel.

Met die foto sessie gee Chrissy vir my 'n baie deurskynende blou rok om aan te trek en stuur ons in die fairy forest in … Ek kan nie help om te wonder - Waar gaan die vrou heen??? Maar dit was soos instink vir haar en skielik besef jy, sy weet wat sy doen en sy sien alklaar daai fotos in haar gedagtes, maar steeds verkies Ek om ook agter die kamera te wees … hier gaan ons! Stres wys so maklik op my gesig, maar met 'n beweeg – “ jou kop, skouers oop, oe hier … oe daar … En skielik is dit tien uur !!! Kan dit wees?

Chrissy vra kan ons nog vir 5min en vat ons toe na nog 'n plek … En hier op die plek waar sy my laat staan, skyn die son so perfek op my soos elke sontraal op elke vrou moet skyn om die Vader se seeninge oor ons pad te bring...

THE DIVINE OF THE APPOINTMENT...

Jy het my soos 'n superster laat voel en my man gekry om te smile.

Jy het sy dag gemaak met daai eerste foto wat jy ge'wapp' het - hy kon ook dink hy het 'n superster vrou soos elke man moet dink …

Liefde
Ane Carstens

Marelize

Marelize

Luan, geplant soos ‘n boom by waterstrome.

Ane

Ane

'n Moet lees brief van 'n pragtige vrou wat n E-Woman event bygewoon het.

Roxy

Roxy

'n Storie van Hoop, Vrede en Liefde

Subscribe to our mailing list

* indicates required