Share Your Story with E-WOMAN

We would love to hear from you.  Share your E-WOMAN experience or your inspirational testimonial with us. We love stories! Stories inspire and brings hope. Give your story a voice. 

Share with us now

 2 Kor 1: 4-5 Geseend is die God en Vader van onse Here

Jesus Christus, die Vader van ontferming en die God van alle vertroosting, wat ons troos in al ons verdrukking, sodat ons die wat in allerhande verdrukking is, kan troos deur die vertroosting waarmee ons self deur God vertroos word.

Een nag het ek ‘n droom gehad, nie n gewone droom, maar iets wat my bygebly het. ‘n Seuntjie met die mooiste blonde krul hare en blou oe het op ‘n trap gestaan. Dit het gelyk asof dit in die hemel is. Die liefde wat ek vir hom gevoel het was onbeskryfbaar, amper tasbaar! Vir dae het hierdie intense gevoel van liefde my nie verlaat nie. Dit het n honger na my eie kind wakker gemaak en my laat vra: “Here, as U dink ons is goed genoeg en reg om ‘n kind groot te maak, laat my asb swanger raak.”

Nie lank daarna was ek swanger met Luan. Hy is gebore, ons was oorstelp met vreugde, en alles het goed gegaan. Al sy mylpale het hy maklik bereik en ons harte was gevul met die liefde waarvan ek gedroom het. Tot op amper twee... Ons het begin agterkom sy woordjies raak minder in plaas van meer, tot later niks. Nie eers meer Mamma of Pappa nie. Wat is fout met my kind?? Ons soektog na hulp het begin.

Van een dokter na die ander, in by een sielkundige en uit by die ander. Eindelik kry ons n diagnose: “Sensoriese Intergrasie” Wat IS dit? Sy sintuie is oorgestimuleer en in sy geval is AL sy sintuie oorgestimuleerd. Byvoorbeeld: as die lig te helder of skerp skyn, maak dit sy ogies letterlik seer. Hy sal die voorwerp wat die lig reflekteer probeer breek as gevolg van die pyn wat hy ervaar. Daar is drie tipes sensoriese intergrasie. Hulle noem dit die”flighters”, die “frighters” en die “fighters”. Luan is ‘n “fighter”. Ek het eers besef hoe erg dit regtig is toe ons die ganse by Sonstraaldam wou gaan brood voer. Die ganse wat amper net so hoog soos hy was, het aangestorm gekom. Voor ek hom kon gryp en optel, het hy sy handjies in gebalde vuiste in die lug, storm op die ganse af, al skreeuend, reg vir oorlog!!

Intussen het ek weer swanger geraak en Linka is gebore. Ons Huishulp wat na Luan gekyk het, het bedank. Die dokters se enigste hoop is medikasie en baie terapie. Spraakterapie, aarbeidsterapie, spelterapie, sielkundiges en en en. Ek wil nie my kind op medikasie sit nie!! Hulle se hy sal nooit in ‘n normale skool kan wees nie. Wie gaan na hom kyk as ek werk? Wie gaan hom rondry na al sy terapeute? Ek moes bedank en self na hom kyk. Dit voel of die aarde gaan stil staan terwyl die mediese rekenige opstapel en ons net een inkomste het. Uit moedeloosheid skryf ek hom in by ‘n skooltjie naby ons huis. Hy is “geskors” binne drie dae!

Na trane wat voel of dit ‘n opgaardam kon vul, het ons besluit om hom wel op medikasie te sit. Binne twee weke het hy begin praat. Die terapie het begin vrugte dra wat lyk of dit daagliks groei, maar ons gaan ons huis moet verkoop om al die finansiele laste te kan dra.

“Ek kan nie meer nie Here!! Net nie my huis nie. Dis my passie. Ek het soveel liefde en sorg hier ingesit. Kyk hoe mooi is my tuin. Hoekom het U my ‘n talent gegee om huise mooi te maak en ander te kan help met hulle huise. Hoekom my huis?”, was my daaglikse smeekgebed. Elke dag se ernstig bid het my op ‘n manier tog nader aan God gebring. Ons huis is vinnig verkoop en die huurhuis het “net oor ons pad gekom”. Saam het ons besef, God is besig om met ons ‘n pad te stap. Nie ‘n maklike een, maar ons moet gehoorsaam wees. As ‘n teken van ons gehoorsaamheid, is ons groot gedoop en ‘n nuwe wereld het oopgegaan waar Jesus ons middelpunt geword het.

Luan het ‘n speelskooltjie gekry! Joan was soos n engel wat oor my pad gestuur is. Sy kon my niks belowe van skoolgereedheid nie, maar wel dat as hy by haar klaarmaak, sal hy sosiaal aanvaarbaar wees. Dis die mooiste woorde wat ek in jare gehoor het. Dis al wat ek voor gehoop het! Ons het al so baie vriende verloor. Hulle verstaan nie vir Luan, sy gedrag en uitlatings nie. Die woorde “sosiaal aanvaarbaar” is soos ‘n lied in my ore. Na twee jaar by Joan het hy klaar gemaak daar en dit het goed gegaan met hom op alle gebiede. Hy was selfs Josef in die skoolkonsert!

Ons moes steeds besluit by watter tipe skool moet ons hom inskryf. Elke kans wat ons kon kry, het ons gevra dat ons Pastore vir hom bid. En elke keer as hulle hande op hom le, se hulle die salwing is so groot.? Ons het dit glad nie verstaan nie, en het self net harder en harder gebid: “Here, U kan hom mos totaal genees!”

Na baie vas en bid het die Here vir my ‘n visie gee. Luan staan onder ‘n boom in ‘n kring waar hy en maats handjies vashou in skoolklere. Dit gee my weer nuwe moed en ek weet die Here sal hom by die regte skool bring.
Kort daarna word hy aanvaar by ‘n normale hoofstroom skool. Na die onderhoud met die hoof besluit ons om om die skool te ry en om te kyk hoe lyk die speelgronde. En daar staan die boom! Presies soos ek dit gesien het! Ons het dadelik geweet dit IS waar God hom wil he.

Luan het goed aangepas in die skool. Hy moes baie hard werk om by te bly. Selfs tot twee ure in die middag, waar dit vir ander maats twintig minute geneem het om hulle huiswerk te doen. Met sy vegtersgees wou hy beter doen en die twee uur huiswerk sessies het later verander in goeie Ma en seun tyd. Ons moes verskillende maniere kry om te leer sodat Luan alles kan onthou. Soms moes ek op die koffietafel staan en dans en arms swaai. Ander kere het ons met skeerroom op spieels spelling gedoen en selfs die kombuistafel is met swartbordverf geverf vir somme. Dit het lekker geraak om saam met hom te leer en te verstaan hoe werk sy brein.

Een Sondag by die kerk was daar nie kinderkerk nie. Die kinders is saam met ons, maar stil-sit is moeilik vir Luan. Met die vlaggies wat hulle vroeer uitgedeel het stap hy al om die mense. Na die diens roep die pastoor hom vorentoe en se:” Het julle hierdie seuntjie gesien?”terwyl hy hom oplig voor die gemeente. My hart sak in my skoene. Ons dink dadelik hy is alweer in die moeilikheid. Hy se: ”Soos hy om en om julle gestap het, het ek ervaar hy maak almal toe onder die bloed van Jesus.” ‘n Vrou staan op en vra of sy asb. iets mag se. Terwyl hy so geloop het, het sy ervaar die Here se vir haar om hom te volg, maar sy kon nie! Wat sal die mense van haar se? Sy het vir God gevra dat Hy haar asb. tog n kans sal gun om dit wat Hy vir haar gese het oor Luan, met die gemente te kan deel. En hier kry sy haar kans. Sy se dat sy hom sien soos ‘n groot akkerboom, geplant by water en hoe duisende mense in sy skadu kom sit. Dis ons nuwe hoop vir Luan.

Van kleins af al se hy vir my:” Mamma, hier stap n groot engel saam met ons.” Verskeie kere het dit gebeur en ek het net gedink dit is maar net stories van ‘n kind. Omtrent ‘n jaar later het Luan en Linka besluit hulle wil graag hulle lewe neerle vir Jesus en is groot gedoop. Die Skrif wat hy tysens sy doop gekry het was Ps.1:3 En hy sal wees soos ‘n boom geplant by waterstrome, wat sy vrugte gee op die regte tyd en waarvan die blare nie verwelk nie; en alles wat hy doen, voer hy voorspoedig uit.

Net na sy doop het ‘n vrou ervaar hoe die Here se dat hy letterlik in die vuur staan. Dis moeilik vir n Ma se hart maar weereens het die Here my ‘n week te vore kom voorberei. Ek het ‘n boodskap ontvang wat verduidelik hoe gaan ‘n silversmit te werk met silver. Hy plaas die vuil swart erts in vuur en hou dit daar totdat al die vuil weggebrand het. Hy kan nie sy oog daarvan afneem nie. Elke erts is anders. As hy sy oog afhaal van die erts kan dit te warm raak en onbruikbaar raak. Op presies die regte tyd moet dit uit die vuur gehaal word. En hoe weet hy dit is naby? Sodra hy sy eie beeld in die silver kan sien.

Ons het nou weereens bevestiging gekry dat daar is ‘n salwing op Luan se lewe en Jesus hou Sy oog op hom. Hy sien, hoor en voel dalk anders, juis om God beter te hoor. Om Hom anders te ervaar as die “normale” mens en juis meer sensitief te wees vir die Heilige Gees. Die tyd het aangebreek dat ons begin aanvaar. Die Here het ‘n plan met Luan se lewe. Hy het nie genesing nodig nie. God het hom gemaak spesifiek vir sy doel op aarde. Hy het hom geplaas in die skool waar hy Luan wil gebruik en oprig, sodat as die tyd reg is, hy kan uitgaan in die wereld om ‘n herder te wees, soos wat al telkemale oor hom geproffeteer is. Al is die omstandighede hoe moeilik, Jesus het Sy oog altyd op ons. Hy is besig om ons voor te berei vir Sy eie Glorie en die werk wat ons vir Hom moet doen.

Dit het my herhinner aan my droom....Weet ons wat ons soms vir God vra? Ek het hom gevra vir ‘n kind en Hy het my goedgeag om Luan se mamma te wees. Die een wat hom groot maak en leer, leer van God. Hy het gekies om Sy spesiale kind, wat ek glo menigte na Jesus toe sal lei, in my hande te plaas. Wat ‘n voorreg is dit nie om sy mamma te wees! God maak nie foute nie, ons verstaan net nie altyd nie. Hy gebruik elke situasie sleg of goed om ons te trek tot teen Sy bors. 

Marelize

Marelize

Luan, geplant soos ‘n boom by waterstrome.

Ane

Ane

'n Moet lees brief van 'n pragtige vrou wat n E-Woman event bygewoon het.

Roxy

Roxy

'n Storie van Hoop, Vrede en Liefde

Subscribe to our mailing list

* indicates required