God gee vir my Hoop
God gee vir my Vrede
God gee vir my Liefde

3 Junie 2006 het ek en Dana getrou. Die Dominee se skriflesing was uit 1 Korintiers 13 oor die Liefde

1 Korintiers 13:13
En nou: Geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie. En die grootste hiervan is die liefde!

Min het ek geweet wat die boodskap voorentoe in my lewe gaan beteken.
My grootste hartsbegeerte was om n mamma te wees! Op wittebrood het ons dit bespreek en Dana het in gestem want net so graag wou hy n pappa wees!

Na die eerste jaar van probeer swanger word sonder sukses is ek na my ginekoloog toe. Sy se toe ek ovuleer nie reg nie, my baarmoederwand is baie dun en my estrogeen vlakke is nie reg nie. So dit was nie baie goeie nuus nie, ek het dadelik begin met firtileitspille, Clomid en dan dag 12 van my siklus moes ek n ekstra boost op my maag gespuit geword het. Dit was aaklig, maar ek wou so graag n mamma wees. Ek sou enige iets doen! 

Na nog n jaar van nie swanger raak nie, was dit Dana se beurt vir toetse en sy uitslae was maar net sulke slegte nuus….  My ginekiloog stel toe voor ons doen KI (kunsmatige inseminasie). Dana wou dit glad nie doen nie, maar teen daai tyd het my harts begeerte in n obsesesie verander.  Ons het 4 keer (2 dae) se kunsmatige inseminasies deur gegaan met ongelooflike pyn en GEEN sukses.  Ek en Dana het besluit om n breek te vat van swanger raak. Op daai stadium het ek aan niks anderste gedink nie, en swanger raak het n werk geraak, en elke negatiewe toets was so groot teleurstelling! Elke vriendin wat die nuus deel hulle is swanger was ek so hartseer en so jaloers! Ek was vangevang in my obsessie!

Die volgende maand – uit die bloute – so onverwags!!! Daar kry ek uiteindelik my positiewe swangerskap! Ek was in die hemel gewees! So bly en so dankbaar! Uiteindelik kry  ek ook die voorreg om n mamma te wees!  Ek en Dana sou die Februarie op ons jaarlikse verlof gegaan het, ek was 13 weke swanger, maar ek wou die Vrydag voor die vakansie so graag n scan he. Toe ons by die ginekoloog aan kom en sy die scan doen… verneem sy dat die fetus op 9 weke opgehou groei het. Ons moes n skraap doen… en daar gaan elke hoop, elke opgewondendheid en ek is gevul met hartseer!  Ek en Dana het min op ons vakansie gepraat, ek het baie gehuil en ek het heeltyd gesit en kraaletjie hangertjies en armbandjies gemaak. Daar was geen hoop, geen vrede en ek het gewonder of enige iemand eers lief was vir my….

Dinge het maar net aangegaan in ons huis…. Teen die volgende Desember het ek en Dana die geleentheid gekry om Kaap toe te trek en ons het besluit dat dit die verandering sal wees wat ons nodig het

Ons was so 5 maande  in die Kaap.  Dit was Moedersdag en Dana was weg op besigheid. Ek het alleen kerk toe gegaan die oggend en ek was so hartseer want ek het geglo ek sal NOOIT n mamma wees nie! Dominee se skriflesing daai dag was uit Psalm.

Psalm 37:4 Vind jou vreugde in die Here en Hy sal jou gee wat jou hart begeer!
Ek ervaar toe die boodskap van God so duidelik!

Roxy,
Dis God se tyd…..Nie joune nie
Dis God se wil…… Nie joune nie
Dis God se plan…. Nie joune nie
Vir die eerste keer in meer as 4 jaar ervaar ek dit en aanvaar ek dit.  In my hart het ek die vrede gemaak, dat God weet wat ek wil he en dat Hy n plan het op Sy tyd. Ek le daai dag my hartsbegeerte voor God neer en ek weet Hy is in beheer van my lewe!

Dana kom toe terug van werk. Hy was so 3 weke terug en ek voel toe so verskriklik siek. Hy het saam dokter toe gegaan.  Terwyl ek en die Dokter praat se sy vir my maar Roxy jy klink swanger. Ek lag toe vir haar en se dit is onmoontllik!  Terwyl ons wag vir die swangerskap toets ervaar ek die boodskap. 

Roxy Niks is onmoontlik vir God nie!!! 

En waar soos waar!!! Daar het ek ‘n positiewe swangerskap toets. Ek stap uit met soveel mixed emotions! Dana vra wat is fout, toe ons uit die wag kamer is lag, huil, jubel en juig ek! Ek is swanger!!! Ons was so dankbaar!! 

Toe was dit die wag tot die ginekoloogse afspraak. Ek was veronderstel om by 8 weke swanger te wees… volgens wat die dokter uit gewerk het. Dokter vra toe oor my geskiedenis en ongelukkig moes ek vir hom van die miskraam vertel. Reg om te le vir die scan, maar so bang…. Die man lyk dan bekommerd! Hy se die fetus is nie groot genoeg nie en hy tel nie n hart klop op nie… my hart het gaan staan, ek het so gesukkel om asem te haal, die res van die ondersoek was hy besig om my te vertel hoe ons die swangerskap gaan beindig… ek vra toe maar kan ons nie n tweede opinie kry nie. Hy bel toe n Spesialis en sy se sy kan ons sien. Dit was die langste rit ooit van Durbanville medi kliniek tot Panorama. Dana het bestuur en ons het gebid en gebid. Gepleit en Gesmeek! Spesialis sê toe sy vermoed ek is net minder swanger as wat ons uit gewerk het ek is se maar ipv 8 weke was ek 4 weke 5 dae…. Sy het gese ek moet elke 2de of 3de dag bloed toetse doen en solank my HcG vlakke verdubbel mag ek voort gaan met my swangerskap! Elke dag wat ek naar was was die Hoop om uiteindlik my baba vas te kan hou.

17 Januarie 2011 ontvang ek n geskenk van HOOP en kry ek die wonderlike voorreg om n mamma te word van n gesonde pragtige seuntjie!

Teksvers wat ek ontvang vir hom
Jesaja 45:2
Ek self sal voor jou uit gaan en hoogtes gelyk maak. Ek sal bronspoorte oopbreek en sluitbalke van yster stukkend kap. Ek sal vir jou die skatte gee wat in die donker gebere word, die rykdomme wat weggesluit is, sodat jy kan weet dat Ek die Here is, dat Ek jou op jou naam geroep het, Ek, die God van Israel.

Ek moet eerlik se na so 5 en n half jaar van getroud wees en nooit kon swanger raak nie, het ek nie regtig aan voorbehoed gedink nie… Dian was n jaar en n maand, toe kry ek my tweede positiewe swangerskap toets!   Ek was so opgewonde!

In my hart, ek het so skuldig gevoel oor my verlede, oor my hartsbegeerte wat n obsessie geraak het en alles wat ek vir Dana deur gesit het en al het ek nou HOOP gehad het ek iets gekort! My swangerskap het baie goed en maklik verloop. Net n bietjie naar tot 16 weke, maar ek was nog nooit so dankbaar om naar te wees nie!  My ma hulle hou vir my ooievaarstee...

Een van my vriendinne, Lizelle sê toe sy  voel in haar hart om vir my weer n ooievaarstee te hou. Sy het met vriendinne van haar gepraat en 6 van hulle het ook gevoel om deel te wees daarvan – neem in ag, behalwe dat hulle geweet het my naam is Roxy het nie een van hulle my geken nie.  Baie opgewonde en eerlik Baie op my senuwees het ek gegaan! En daar kry ek waarna ek gesoek het… Al die vrouens daar het n boodskap van God ontvang NET vir my! Hoe spesiaal ek is vir HOM, Hoe lief Hy my het en Hoe baie ek vir hom beteken.

Die teksvers wat ek ontvang is Sefanja 3:17 
Die Here jou God is by jou, Hy, die krygsman wat red. Hy is vol vreugde oor jou. Hy is stil tevrede in sy liefde. Hy jubel en juig oor jou.  Watse ongelooflike ervaaring was dit nie! Die hele swangerskap was maklik en gelukkig.

15 Oktober 2012  ontvang ek n geskenk van VREDE en kry ek die wonderlike voorreg om n mamma te word van n gesonde pragtige seuntjie!

Teksvers wat ek ontvang vir hom
Jeremia 29:11
Ek weet wat Ek vir julle beplan, se die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle ‘n toekoms gee, n verwagting!  Dan sal julle My aanroep, tot My kom bid, en Ek sal julle gebede verhoor.  Julle sal vra na my wil en julle sal dan my wil ken as julle met julle hele hart daarna vra.

Wat nog spesiaal was en bevestiging was van die vrede wat ek ervaar het, was toe ons Ben doop en die Dominee praat oor die vrede wat hy in my Ben ervaar!

Terwyl ek swanger was met Ben het ek baie gewonder…. Is dit net lekker vir my om swanger te wees en n nuwe klein babatjie te he of is dit regtig God se wil dat ek nog n begeerte in my hart het tot nog n baba… die antwoord was elke keer baie duidelik – ons gesin is nog nie voltooi nie!

2014 was n swaar jaar…. Dian my HOOP was toe nou al 3 jaar 3 maande, hy het woorde gehad maar kon nie n sin by mekaar sit nie. Die kind se eerste beste sin was “ek soek dors” spraakterapeut beveel toe aan dat ons hom moet evalueer.  Ons kry toe ‘n diagnose – my seuntjie het Outisme! Dit was vir my ‘n baie swaar tyd, ek het baie eensaam gevoel en ek het nie geweet hoe om dit te verwerk nie. Ek weet net Dian is my HOOP kind! So ek moes die beste manier kry om my seuntjie te help! En tot vandag het ek net HOOP vir hom!

Middel Julie begin ek toe bye sien. Bye op snaakse plekke. n By in my kar terwyl ek ry. n By in die boot van my kar. n By in die kombuis by my warm stoof. n By in my kamer. n By in die badkamer. Ek het n phobia oor n By!! Elke dag sien ek n By. Ek bid tot die Here en vra om my veilig te hou van die Bye. En toe verander my Bye in skoenlappers! Elke dag erens deur die dag sien ek n skoenlapper, hetsy dit reën, warm is, koud is. Oral in God se natuur bederf Hy my met n skoenlapper!

My skoonpa was amper n maand lank in die hospitaal. Hulle het in Pretoria gewoon en ek het vir Dana gese ek wil he hy moet opgaan en sy pa gaan sien. Hy het die Woensdag gegaan en ek sou die Vrydag na Dian se tutor sessie alleen met die 2 seuntjies op vlieg.  Maandag 28 Julie is my skoonpa oorlede. Al my skoonpa se broers en suster was ook daar om hom te groet, so ons het die begrafnis vir die Woensdag gereel. Ek het die Woensdag aand weer terug gevlieg met die seuntjies, want ek wou nie Dian uit sy tutoring uit hou nie… 

Vrydag oggend, 1 Augustus, by 3:20 het my skoonsus gebel, maar my foon is altyd op silent. By 4:25 het Ben in gekom by my kamer toe sien ek Dana het 4:20 gebel, ek bel toe terug en my eerste gedagte was gewees iets moes my skoonma oor kom… Geskok verneem ek die nuus dat my man se broer, in n grusame karongeluk dood is vroeg oggend ure…. Geskok moet ek weer begin pak dat ek en die seuntjies weer kan vlieg… ek onthou so goed…. 3 ure van voor die tas sit en pak,  net om agter te kom niks is nog in die tas nie!!!!! My buurvrou was by my en het my gehelp. Ek was so dankbaar vir hulle. Hulle het ons lughawe toe geneem en daar was ek oppad terug Pretoria toe na my Dana toe.

Een van die kindertjies was siek…. Ek gaan toe die Saterdag oggend 2 Augustus, apteek toe, terwyl ek daar staan en ongelooflik hartseer is… dink ek maar ek voel swanger… ek koop toe n swangerskap toets. Doen dit by die huis en waar soos waar daar het ek n derde positiewe swangerskap toets… Ek weet nie wat om te doen nie, want dit is die slegste tyd ooit in ons lewe maar ook is dit die gelukkigste tyd in ons lewe… En in die hartseer was ons dankbaar oor die nuweling oppad!

27 Maart 2015  ontvang ek n geskenk van LIEFDE en kry ek die wonderlike voorreg om n mamma te word van n gesonde pragtige dogtertjie!

Teksvers wat ek ontvang vir haar
Hebreers 11:1
Om te glo is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie.

Al die teksverse wat ek tot dus ervaar is so van toepassing op my lewe vandag! Ek hou vas daaraan!

Vandag is Karli n jaar en 10 maande en van die begin van my swangerskap af, voor ons belangrike mense in ons lewe verloor het, sien ek nogsteeds elke dag n skoenlappertjie. Ek ervaar die skoenlappertjies as n fisiese teken van God se Liefde vir my!

Dis my storie van hoe God vir my Hoop, Vrede en Liefde gegee het! 

Ek is ongelooflik dankbaar vir die wonderlike voorreg om die mamma van die drie kindertjies te mag wees en ek wil Hom nooit teleur stel nie, want Hy het my bederf en my soveel meer gegee as wat my hart ooit begeer het!!

xxx

Roxy

Marelize

Marelize

Luan, geplant soos ‘n boom by waterstrome.

Ane

Ane

'n Moet lees brief van 'n pragtige vrou wat n E-Woman event bygewoon het.

Roxy

Roxy

'n Storie van Hoop, Vrede en Liefde

Subscribe to our mailing list

* indicates required